Your Recipe Blog

CYNTHIA SE  PEKANNEUTTERTJIES

Recipe by
Cook: 30 minute

CYNTHIA SE  PEKANNEUTTERTJIES

“Hierdie is loshande die lekkerste pekantertjies wat ek al ooit geproe het.  Met Cynthia se toestemming, deel ek graag die resep.”

  • Kors: 
  • 100 g suiker
  • 200 g botter, by kamertemperatuur
  • 300 g koekmeel, gesif
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 5 ml vanilla
  • Vulsel:
  • 125 g botter
  • knippie sout
  • 300 g grof gekapte geaktiveerde pekanneute
  • 1 blik kondensmelk
  • 30 ml gouestroop
  • 10 ml vanilla geursel

Kors:
Verroom die botter en suiker.
Klits die eier, sout en vanilla by en laastens die meel.  Meng tot die deeg NET bymekaarkom.
Plaas die deeg in ‘n sakkie en verkoel ten minste twee ure.

Maak intussen die vulsel:
Smelt en verbruin die botter in ‘n pan/pot. Pasop vir brand.
Voeg die sout en neute by en braai liggies terwyl dit die heeltyd geroer word.
Voeg die stroop, kondensmelk en vanilla by en laat dit net deurwarm word.  Dit moenie kook nie.
Koel af.
Ek gebruik ‘n 8 cm losboompannetjies en gebruik 30 g deeg om elke korsie te vorm.
Druk dit mooi eweredig en netjies vas en vries tot dit benodig word.
Skep 50 g van die afgekoelde vulselmengsel in die korsie.
Pak die individuële tertjies op ‘n bakplaat, maar moenie die pan te dig pak met die tertjies nie.
Voorverhit die oond tot 150 ⁰C en bak die tertjies vir 15 minute.
Draai die tertjies ‘n halfdraai en bak vir ‘n verdere 15 minute.
Laat afkoel tot lou en ontvorm.
Sprinkel so ‘n paar korrels maldonsout oor om die soetheid te breek.

Nota:
Kan ook as ‘n groot tert gemaak word.

Resep: Cynthia Kritzinger
Plasing: Frikkie Jones
Foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page