Your Recipe Blog

CYNTHIA SE  PEKANNEUTTERTJIES

Recipe by
Cook: 30 minute

CYNTHIA SE  PEKANNEUTTERTJIES

Resep: Cynthia Kritzinger
Plasing: Frikkie Jones
Foto: Frikkie Jones
“Hierdie is loshande die lekkerste pekantertjies wat ek al ooit geproe het.  Met Cynthia se toestemming, deel ek graag die resep.”

  • Kors: 
  • 100 g suiker
  • 200 g botter, by kamertemperatuur
  • 300 g koekmeel, gesif
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 5 ml vanilla
  • Vulsel:
  • 125 g botter
  • knippie sout
  • 300 g grof gekapte geaktiveerde pekanneute
  • 1 blik kondensmelk
  • 30 ml gouestroop
  • 10 ml vanilla geursel
  • Kors:
  • Verroom die botter en suiker.
  • Klits die eier, sout en vanilla by en laastens die meel.  Meng tot die deeg NET bymekaar kom.
  • Plaas die deeg in ‘n sakkie en verkoel ten minste twee ure.
  • Maak intussen die vulsel:
  • Smelt en verbruin die botter in ‘n pan/pot. Pasop vir brand.
  • Voeg die sout en neute by en braai liggies terwyl dit die heeltyd geroer word.
  • Voeg die stroop, kondensmelk en vanilla by en laat dit net deurwarm word.  Dit moenie kook nie. Koel af.
  • Ek gebruik ‘n 8 cm losboompannetjies en gebruik 30 g deeg om elke korsie te vorm.
  • Druk dit mooi eweredig en netjies vas en vries tot dit benodig word.
  • Skep 50 g van die afgekoelde vulselmengsel in die korsie.
  • Pak die individuële tertjies op ‘n bakplaat, maar moenie die pan te dig pak met die tertjies nie.
  • Voorverhit die oond tot 150 ⁰C en bak die tertjies vir 15 minute.
  • Draai die tertjies ‘n halfdraai en bak vir ‘n verdere 15 minute.
  • Laat afkoel tot lou en ontvorm.
  • Sprinkel so ‘n paar korrels maldonsout oor om die soetheid te breek.

Nota:
Kan ook as ‘n groot tert gemaak word.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page