CRUNCHIE YSKASTERT
Die tert van Monique Grobbelaar is heerlik! Ek maak dit net vir spesiale geleenthede. Dis gevaarlik soet en lekker.
- 2 blikkies Nestle nageregroom
- 7 Crunchie sjokolades, 6 gekrummel, 1 grof opgebreek
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- 2 pakkies Romany creams koekies, fyngekap
Plaas die helfte van die koekie krummels in ‘n tertbak.
Klits die room en karamel saam, voeg die 6 gekrummelde Crunchies by en roer deur.
Skep die helfde van die mengsel bo-oor die fyn koekies in die tertbak.
Voeg die laaste van die fyn koekies op die roommengsel en skep die laaste helfde van die roommengsel bo-oor die koekies.
Sprinkel die 1 grof gebreekte Crunchie bo-oor die roommengsel vir versiering.
Plaas die tert oornag in die yskas.
Resep getoets en foto: Iandra Christien Maré