CREMORATERT MET KOOKWATER
Was lus vir iets soet. Lekker ou Cremoratert.
- 2 koppies Cremora, gemeng met 1 koppie kookwater, laat yskoud word in yskas
- 1 koppie suurlemoensap, gemeng met 1 blikkie kondensmelk
- 1 pakkie suurlemoenjellie met 1 koppie kookwater aangemaak, laat afkoel
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies
- 3 eetlepels sagte botter
Klits Cremora tot styf sodra dit yskoud is.
Verkrummel die beskuitjies en meng met die sagte botter, druk in tertpan vas vir die kors.
Meng die ander bestanddele by die styf geklitste Cremora.
Plaas die mengsel in die krummelkors.
Sit in die yskas om te stol.
Versier soos verkies.
Resep en foto: Matie Fourie Moolman