CREMORA VERSIERSEL
Resep geplaas deur Venetia Fourie
Foto: Anel Mienie
- 1 sakkie Cremora poeier (400 g)
- 1 koppie kookwater
- 2 pakkies kitspoedings van jou keuse
- Meng die Cremora en kookwater goed en verkoel in vrieskas vir 1 uur.
- Klits die Cremoramengsel op hoë spoed vir 8 minute.
- Voeg by:
- 2 pakkies kitspoedings van jou keuse, net so droog
- Klits goed deur en spuit of smeer op koek of kolwyntjies.
- Hou sy vorm baie goed!
Anel Mienie se kommentaar:
Dit hou ‘n paar dae en trek nie water nie, pipe ook baie maklik en mooi. Die resep was genoeg vir 3 tussen lae en versier, plus nog oor.
Dit proe wel nie naby Cremora tert nie en die kunsmatige smaak van die kitspoeding kom sterk deur – ek sou ook dalk net 1.5 pakkies poeding doen (stol effens jellierig). Behoort ook baie lekker te werk as poffertjie filling.












