CREMORA TERT (EENVOUDIGE)
- 1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies
- 100 ml botter, gesmelt
- 250 ml Cremora koffieverromer
- 250 ml kookwater
- 125 ml suurlemoensap
- 1 blikkie (397 g) kondensmelk
Bespuit ‘n tertbord van 25 cm in deursnee met kleefwerende kossproei.
Maak die Tennisbeskuitjies fyn. Meng die gesmelte botter by en voer die tertbord uit met die krummelmengsel.
Meng die Cremora en kookwater saam in ‘n mengbak.
Voeg die suurlemoensap en kondensmelk by die mengsel en klits tot effens verdik.
Giet die mengsel in die voorbereide kors.
Verkoel 24 uur lank en bedien.
Nota: Rina Kleinhans
Vir ‘n dikker tert kan jy ‘n kleiner pan gebruik, laat staan net langer tot heel gestol.
Resep en foto: Amanda Austen












