CREME BRULEE IN 5 MINUTE
- 125 ml room
- 250 ml winkel vla (kan jou eie ook maak)
- 15 ml bruinsuiker
- Ekstra:
- blaasvlam
Klits die room styf.
Vou die winkel vla by room in met ‘n lepel.
Skep in 2 ramekin bakkies.
Sprinkle die bruinsuiker bo-oor.
Gebruik die blaasvlam en brand die suiker tot dit gekaramelliseer het.
Laat staan sowat 1 minute tot die karamel afgekoel het en sit dadelik voor.
Resep geplaas en foto deur Petro Van Genderen