Your Recipe Blog

CREAM CRACKER KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 tot 35 minute

CREAM CRACKER KOEK

Dit is baie lekker… Almal is in vervoering daaroor.

  • 1 pak cream crackers
  • 100 g gemengde neute
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie botter
  • 3 groot eiers, geskei
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¾ koppie melk
  • 1 teelepel vanilla
  • VULSEL:
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 1 koppie room
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 4 eetlepels kits karamel poeding

Verwerk cream crackers en neute in die voedselverwerker.
Daar moet nog effense stukkies growwegeit van die cream crackers en neute in wees.
Verroom botter en suiker. Voeg eiergele by. Roer  goed en voeg die melk by.
Klits eierwitte styf.
Sprinkel bakpoeier ooe die eierwitte en vou eierwitte in mengsel in.
Bak 30 tot 35 min by 180 ºC.

Nota:
Maak vier lae as jy ‘n 20cm pan gebruik.  Twee lae in ‘n 23 cm pan.
Koel die koek heeltemal af en meng die vulsel bestanddele.
Klop eers die room styf saam met die suurlemoensap.
Meng die karamel kondensmelk en die kitspoeding apart  saam en vou by die styfgeklopte room in.
Sit vulsel tussen lae en ook bo-op en versier soos verkies.
Geniet.

Resep: Martie Fourie Moolman
Foto en aanpassings: Petré Van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page