COWBOY-ONTBYT MET ‘n TWIST
Partykeer het mens net ‘n stewige ontbyt nodig.
- 2 portobelle sampioene, gesny
- olie vir braai
- speserye na smaak
- 2 tamamties, gesny
- 1 blik boeliebeef, gesny in skywe
- ingelegte eiervrug
- mayonnaise
- Feta kaas
- broodrolletjies
Braai die sampioene in bietjie olie.
Voeg gemengde speserye by.
Wanneer sampioene so halfpad gaar is, voeg tamaties by en nog klein bietjie olie as nodig.
Terwyl die tamaties en sampioene lekker braai, voeg boeliebeef by.
Om af te rond, voeg ‘n halwe botteltjie ingelegte eiervrug saam.
Bedien op rolletjie wat met mayonnaise gesmeer is en rond af met stukkies Feta kaas.
Dit was nou lip-lek-lekker.
Resep en foto: Erika Foot