CORRIE SE PAPTERT MET BLIKKIES MIELIES
- 1 koppie fyngekapte uie
- 125 g gesnipperde spek
- 1 koppie sampioene
- 1 koppie rou mieliemeel
- 1 koppie room (volroommelk kan ook gebruik word)
- ¾ koppie suiker
- 2 eiers
- 5 ml bakpoeier
- 1 blik roommielies
- 1 blik heelpit mielies (in plaas van heelpit mielies het ek Boerie smoor gebruik)
- 1 koppie gerasperde kaas
Braai die uie, spek en sampioene saam tot gaar.
Meng die res van die bestanddele saam en voeg die spekmengsel daarby.
Plaas die mengsel in ‘n oondvaste bak en bak teen 180°C vir 1 uur.
Oorspronklike resep: Corrie Volschenk
Aanpassings in hakkies: Zita Harber
Foto: Zita Harber
Category: