CORRIE SE GEBRAAIDE KOOL
Ek deel vanaand my oorlede geliefde skoonsus se gebraaide kool resep soos sy my geleer het… en wanneer ek na haar verlang maak ek dit (wat gereeld is). Dit is baie eenvoudig, goedkoop en heerlik as ‘n bykos by enige ete. Ons eet dit vanaand saam met skaapnek.
- ½ kool, gewas en gekap
- 30 ml olyfolie
- sout en peper na smaak
- 2 teelepels suurlemoensap of wit asyn
- 1 teelepel neutmuskaat
- 1 teelepel suiker, opsioneel
Braai die kool, sout en peper in die olie oor ‘n medium hitte (met die deksel op) vir 10-20 minute.
Die kool moet half begin bruin raak en liggies swart raak om die randte.
Roer een of twee keer.
Voeg nou die suurlemoensap en neutmuskaat (en suiker indien gebruik) by en braai vir nog 2 minute.
Hou warm totdat dit bedien word.
Alletta Burgess:
Heerlik. Ek braai uie, knoffel en stukkies spek ook by. Braai myne in botter.
Yolandie Horn:
Ek braai myne met uie, knoffel en tamatie met so groot lepel vol “chicken spice”, sout en vars gemaalde peper. Almal in my huis is Mal daaroor. Soms gooi en ‘n halwe teelepel suiker by om die tamatie bietjie soeter te maak. Probeer dit. Dis ongelooflik lekker en kan saam enige iets bedien word.
Resep en foto: Ilze Jacobs
Ek het hierdie koolresep probeer en sal verseker nie eers probeer om iets anders te maak nie.Dis absoluut heerlik