Your Recipe Blog

CORRIE SE APPELKOOSKONFYT KOEKIES

Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: ongeveer 1 kg

CORRIE SE APPELKOOSKONFYT KOEKIES

“Kitty de Jager – dis my sussie se resep. Daar is geen gemmer in die resep nie, maar dit proe amper soos gemmerkoekies. Ek sou ‘n teelepel gemmer byvoeg. Dis ‘n crunchie koekie (al lyk die suiker/botter hoog).”

“Wilma Scott – ek het gister op die groep die resep gesien van ‘Appelkooskonfytkoekies’. Het bietjie gemmer bygesit; dit vanoggend gebak. Dis ‘n maklike deeg; klou nie aan jou hande nie.”

  • 125 g kunsbotter (margarien)
  • 125 ml appelkooskonfyt
  • 2 eiers
  • 2 koppies suiker
  • 4 koppies koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • Ekstra:
  • 2 teelepels gemmer

Room die botter, eiers en konfyt saam.
Voeg die suiker by.
Sif die droë bestanddele by en meng deeglik.
Rol die deeg in balletjies en bak teen 200 ºC vir 15 minute.

Resep: Corrrie via haar skoonma tannie Dorie Els
Resep aangepas deur Wilma Scott
Foto: Wilma Scott

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page