“CORNFLAKE” HAPPIES
Resep en foto: Antionette Barnard
- 7 koppies mielievlokkies (cornflakes)
- 1 koppie gouestroop
- 1 koppie grondboontjiebotter
- sjokolade
- Maak cornflakes fyn, maar ook nie te veel nie.
- Smelt stroop en grondboontjiebotter saam, roer gedurig.
- Meng met fyn cornflakes.
- Druk vas in vlak koekiepan.
- Smelt sjokolade en smeer oor die mielievlokkielaag.
- Laat afkoel en sny in blokkies.
- Sit die pan in die yskas vir ‘n 1 uur.
- Verpak in houers en bêre in die yskas.
Category:

