Your Recipe Blog

CORNE SE PAELLA

CORNE SE PAELLA

Resep en foto:  Corne Liebenberg

  • 3 koppies gaar rys
  • 2 swart tier garnale (tiger prawns)
  • 200 g garnale
  • 200 g mossels
  • 200 g gemengde seekos
  • 200 g wit vis
  • 3 uie
  • 8 toontjies knoffel
  • 1 bossie vars gekapte pietersielie
  • baba tamaties
  • skyfies lemmetjie / suurlemoen
  • sout en peper, na smaak
  • 1 eetlepel Cajun spice
  • Braai die ui en knoffel tot dit net begin verkleur in olie en botter.
  • Voeg die wit vis by en smoor tot die vis amper gaar is.
  • Voeg die 2 black tiger prawns by en maak gaar. Dis so mooi om te sien hoe die lelike grys in mooi pienk verander in die pan.
  • Voeg nou die seekosmengsel, garnale en mossels by en braai deur.
  • Meng die rys deur die vismengsel.
  • Voeg die smaakmiddels by.
  • Roer die babatamaties laaste deur die mengsel.
  • Dien op met lemmetjieskyfies.
  • Eet die paella met bulgaarse jogurt by.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page