Your Recipe Blog

CORLIA SE SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 40 minute

CORLIA SE SJOKOLADEKOEK

  • Koek:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 4 eiers geskei
  • ½ koppie kookolie
  • ½ koppie kookwater
  • ½ koppie kakao
  • Sous:
  • 1 blikkie ingedampte melk
  • 1 koppie suiker
  • ½ teelepel vanilla geursel
  • Bo-laag: 
  • 160 g melksjokolade van jou keuse
Voorverhit die oond op 180 °C.

Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam.
In ‘n aparte bakkie, klits die eiergele en olie saam.
In ‘n derde mengbak, meng die kakao en water saam tot opgelos.
Meng nou die eiermengsel en kakao saam.
Voeg die mengsel in die holte van die droë bestanddele en meng goed. Die suiker moet opgelos wees.

Klits die eierwitte sodat sagte punte vorm.
Vou die styf geklitste eierwitte by die mengsel in.
Skep die beslag in ‘n voorbereide oondpan.
Bak die koek vir 40 minute in die voorverhitte oond.

Ongeveer 15 minute voor die koek uit die oond gehaal moet word, begin met die sous.
Verhit die suiker, vanilla geursel en drie-kwart van die ingedampte melk in ‘n pot.
Roer goed saam.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak ‘n paar gaatjies met ‘n stokkie en giet die sous eweredig oor die koek.
Laat die koek heeltemal afkoel.

Sodra hy afgekoel het, kan jy met die bo-laag begin.
Verhit die ander kwart van die ingedampte melk met die melksjokolade sodat dit kan smelt. Onthou om die stoof op baie lae hitte te sit, die sjokolade moet net smelt dan sit jy die stoof af.
Giet die ganache bo-oor die afgekoelde koek.
Geniet dit.

Wenke:
‘n Groterige oondbak het baie goed vir my gewerk, ek sal ‘n koekpan vir die resep eerder vermy anders trek die lekker sous nie goed in nie.
Dairymilk plakke sjokolade werk lekker, ons is mal oor die klapper en neut, of heelneut een.
‘n Bar One stafie sal ook heerlik wees.

Resep en foto: Cornelia van Niekerk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page