Your Recipe Blog

CORLIA SE ROTSKOEKIES

CORLIA SE ROTSKOEKIES

  • 2 koppies suiker / 2 koppies xylitol
  • ½ koppie melk
  • 120 ml ongesoute botter
  • 3 koppies hawermout
  • 1 koppie grondboontjiebotter/ no-sugar yum yum
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • ½ teelepel sout
  • ¼ koppie kakao
Kook suiker, melk, botter en kakao in ‘n pot op medium hitte, terwyl jy roer.
Laat dit vir 1 minuut kook.
Haal van die stoof af en voeg hawermout, grondboontjiebotter, vanilla geursel en sout by.
Roer tot alles deeglik gemeng is.
Plaas bakpapier op jou bakplaat, en skep eetlepels vol uit.
Laat rus in die yskas vir ten minste 60 minute.
Stoor in ‘n lugdigte houer in die yskas vir tot en met 5 dae.

Geniet!

Resep en foto : Corlia van Niekerk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page