Your Recipe Blog

CORDON BLEU LUGBRAAIER HOENDER

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 6 porsies

CORDON BLEU LUGBRAAIER HOENDER

Ek probeer nou al hoe meer resepte in die lugbraaier en ek het hierdie hoender gister gemaak.
Heerlik en baie maklik.

  • 6 hoenderborsies
  • 6 repe kaas
  • 6 stukkies ham
  • klein bietjie olie
  • gegeurde koekmeel (sout, peper en hoenderspeserye)
  • geklitste eier

Sny die borsies in die hefte, maar nie reg deur nie.
Vlek hulle oop en kap hulle met jou handpalm bietjie platter.
Plaas die ham en die kaas op die een gedeelte.
Vou die borsies versigtig toe en steek vas met ‘n tandestokkie.
Rol die borsies in die meel en doop in die eier, herhaal weer ‘n keer.
Pak op ‘n bord en sit in die yskas om koud te word, ongeveer 30 minute.
Stel lugbraaier op 180°C.
Lugbraai vir 5 minute.
Haal uit en smeer bietjie olie bo-op.
Lugbraai weer vir 5 minute.
Haal uit en draai hoender versigtig om.
Smeer nou hierdie kant ook met olie.
Lugbraai vir 10 minute.
Toets en as hoender gaar genoeg na jou smaak is, verwyder.
Ek het dit bedien met rys, groenboontjies en soet mielies.

Resep en foto:  Dalene Venner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page