Your Recipe Blog

CORA SE SNEEU-SKYFIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 min.

CORA SE SNEEU-SKYFIES

Resep uit my skoonma se resepte-boek.

  • 4 eiers
  • 2 koppies koekmeel
  • 1 koppie melk
  • knippie sout
  • 1½ koppie suiker
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 2 eetlepels botter

Klits eier en suiker tot room.
Voeg droë bestanddele by.
Bring melk en botter tot kookpunt en meng dan met mengsel.
Plaas in gesmeerde bakplaat. (ek het my rolkoekpan gebruik en uitgevoer met bakpapier)
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 -25 min en laat afkoel. Sny in blokkies en doop in stroop.

  • Stroop:
  • Kook die volgende saam:
  • 2 koppies suiker
  • 1 koppie kookwater
  • 1/8 teelepel kremertart
  • Laat die stroop heelwat afkoel.
  • Voeg by terwyl aanmekaar klits:
  • 2 styfgeklopte eierwitte

Haal van stoof af.
Doop koekie in en laat stroop afloop en rol dan in klapper.

Foto en resep: Cora Naude

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5