COMEY SE HONDEKOEKIES
Resep en foto: Comey Kok
Ek maak dit al jare, en my woefe hou baie daarvan.
- 1 groot blik hondekos, maak fyn as dit nie is nie
- 2 eiers, geklits
- ongeveer 3 koppies Oats (hawermout), volgraan koekmeel of mengsel van die twee
- Meng al die bestanddele saam tot ‘n degie.
- Druk uit met koekiedrukker en pak op gespuite bakplaat.Bak teen 180ºC tot gestol.
- OF
- Druk dit plat in ‘n kleinkoekie pan, bak 180°C tot dit gestol is, sny in blokkies met pizza cutter. Bak nog bietjie en maak blokkies los.
- Droog uit op effe laer hitte – 160°C tot ‘n harde koekie.
- Variasie
- Ek het al gemaak met pampoen, eier, volkoring koekmeel en grondboontjiebotter (SONDER XYLITOL).
- Ek sit sommer partymaal bietjie kaas ook in as ek het.
Category:












