COLA-BROOD
“Heerlik met kaassmeer en koue vleis.“
- 450 g koekmeel
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel suiker
- 7 g kitsgis
- 250 ml warm coca-cola
- 3 eetlepels kookolie
- Ekstra:
- geklitste eier of melk vir oorsmeer
Meng alles saam en knie goed (ek voeg bietjie water by as die deeg te droog is).
Laat die deeg rys tot dubbeld die volume – ongeveer ‘n uur.
Nota:
Ek plaas my bak met die deeg in die oond aan op voorverhit tot 70 °C en dan skakel ek die oond af. Ek laat die deeg dan rys tot dubbeld die volume.
Knie die deeg af, en verhit die oond tot 190 °C.
Deel die deeg in ses stukke. Maak rolle met die ses stukke.
Heg die stukke bo-aan mekaar vas en vleg drie drie aan mekaar sodat daar twee vlegsels langs mekaar lê.
Druk die onderste punte mooi aan mekaar vas.
Plaas die brood op ‘n bakplaat wat goed gesmeer is, of op bakpapier.
Bedek en laat dit rys vir 40 minunte.
Was die bokant van die brood met ‘n eier, of net melk.
Bak vir 30 – 35 minute.
Resep en foto: Elsa Otto