COETZEE SE SPITBRAAI IDEES
SPITVARKIE
Sny die spek so paar snye in, nie te diep. Vryf in met growwe sout en Worcestersous braai mix, velkant en vleiskant. Sit vark op die spit. Na eerste uur kan vleiskant met die volgende sous gespuit word. Spuit velkant eers as vark amper gaar is om te keer dat vel taai raak en krakerig bly.
- Sous:
- 2 bottels Old Brown Sherry
- 100 ml chilli Worcestersous
- 4 teelepels gemengde speserye
- 2 eetlepels fyn knoffel
- 4 teelepels Worcestersous Braai Mix
Braai die vark vir 5 tot 7 ure afhangende van grote van vark. Spuit vleiskant nat met sous elke 30 min.
SKAAP:
Ek maak gewoonlik my sous ten minste so 24 uur voor die tyd aan.
- 1 goeie bottel port
- suurlemoensap
- so paar knoffelhuisies, grof gekap
- gedroogde roosmaryn
- tiemie
- paar braai speserye
Gooi alles saam in een bottel en laat oornag staan.
Die skaap sny ek gewoonlik liggies op die velkant en vryf goed in met Worcestershire Braai Spice of Cerebos flame grilled spice en sout en peper
Ek gebruik ‘n leë 2 liter bottel vir sous, maak gewoonlik so 2 bottels aan. Steek ‘n gaaitjie in die prop en spuit skaap nat elke 20 min. terwyl dit gespit braai word.
Ek probeer altyd bietjie meer hitte by boude en nek kry as by ribbetjies sodat alles egalig braai.
Resep en foto: Coetzee Neethling