Your Recipe Blog

CLAUDIA SE SPINASIETERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

CLAUDIA SE SPINASIETERT

Low carb spinasie tert. Aangesien my skoonma my muffin pan geleen het, het ek hom in ‘n ander bak gemaak. En ek het hom so bietjie ‘n twist gegee.

  • 5 jumbo eiers
  • 4 eetlepels vetvrye maaskaas
  • 250 g gesnyde sampioene
  • 300 g vars spinasie, fyn gesny
  • 1 fyn gekapte ui
  • 3 knoffel tone
  • 2 teelepels pesto
  • sout en peper
  • 4 repies spek, in blokkies gesny
  • lekker baie gerasperde verouderde cheddar

Klits die eiers saam met die maaskaas tot glad.
Bak die uie in klein bietjie olyf olie saam met die knoffel en spekblokkies.
Sit die spinasie by en roerbraai vir so 5 minute.
Skep met ‘n lepel met gaatjies in die mengsel uit die pan en sit die mengsel in die eier en maaskaas.
Maak seker meeste van die water is uit die spinasie. Mens kan dalk ‘n sif-vergiet ook gebruik.
Braai nou die sampioene en sit hulle ook by die spinasie en eier mengsel en roer alles goed deur.
Sit die pesto by en sout en peper.
Roer die veroudere chedder deur die mengsel en hou ‘n bietjie vir bo op die tert.
Bak op 180 ºC vir so 35 minute in die oond.

Resep en foto: Claudia Bellink Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page