CLAUDIA SE “FANCY” HOENDERPASTEI
- 500 g hoender filette, in klein stukkies gesny
- 250 g spekstukkies
- 1 fyn gekapte rooi ui
- 4 tone knoffel, fyn gekap
- 600 g baby spinasie, fyn gesny
- 2 wiele bokmelk feta of gewone feta kaas
- 300 g fyn gerasperde Edam kaas
- 1 bakkie creme fraiche-cultured cream
- 250 g sampioene, in skyfies gesny
- 1 rol Today’s skilferkorsdeeg
- sout en peper
In ‘n groot kastrol braai die ui en die knoffel. Voeg die spekstukkies by en braai tot lekker bruin.
Voeg die hoender by en braai verder. Sit by die sampioene.
Braai vir ‘n verdere 5 minute. Voeg laaste die spinasie by en braai tot meeste vloeistof uit is.
Sit die potjie creme fraiche by, skakel die stoof af en roer alles goed deur.
Sit sout en peper by na smaak. Laat die mengsel afkoel.
Rol die deeg uit en sny in die helfte deur, gebruik 1 helfte en bedek die onderkant en sykante van ‘n ingesmeerde oondbak.
Skep die helfte van die afgekoelde mengsel in.
Verkrummel 1 feta wiel bo-oor dit en strooi die helfte van die gerasperde kaas oor.
Skep die res van die vleismengsel bo-oor, krummel die ander feta wiel oor en strooi die res van die gerasperde kaas oor.
Laaste plaas die boonste laag deeg oor en maak goed toe langs die kante.
Smeer met eier en bak op 180 ºC vir 30 tot 40 minute in die oond to goudbruin.
Bon Apetit!
Resep en foto: Claudia Bellink Coetzee