CLARISSA SE BOELIEBIEF TERT
- 1 blikkie boeliebief fyn gemaak of blokkies
- 1 pakkie gesnipperde spek
- 6 – 8 gerookte worsies
- 1 ui
- knoffel na smaak
- 2 koppies kaas gerasper
- 3 eiers
Sny ui en braai lekker saam knoffel. Voeg spek saam en braai tot amper gaar. Voeg boeliebief by en braai tot spek gaar is. Voeg gerookte worsies by net om warm te word.
Klits eiers en voeg 3/4 van die kaas by mengsel en meng alles goed saam.
Plaas mengsel in oond in vuurvaste bak en strooi res van die kaas bo-oor, bak in die oond op 180ºC totdat die mengsel gestol het.
Resep: Clarissa Schroeder
Foto en nota: Tienie Oosthuizen
Nota:
Ek het 6 eiers in plaas van 3 gebruik. Verder net soos resep sê.