Your Recipe Blog

CILICIA SE PLAATKOEKIES

CILICIA SE PLAATKOEKIES

  • 2 koppies koekmeel
  • 5 eetlepels suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 eiers
  • 1½ koppies melk (375 ml)
  • 5 ml vanilla geursel
  • olie om pan mee te smeer
  • Variasie:  donker sjokolade weergawe
  • 2 teelepels donker kakao
  • sjokolade stukkies

Meng die melk, geursel en eiers saam en hou eenkant.
Sif al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng goed. Laat rus vir 30 minute.
Skep lepels vol in matige warm pan wat met olie gesmeer is.
Sodra jou plaatkoekie begin “borrel” draai om en bak aan die anderkant tot lekker bruin onder.

Nota:
Vir die sjokolade weergawe kan die variasie bestanddele bygevoeg word.
Sif die kakao saam met die droë bestanddele, en meng die sjokoalde stukkies in die beslag in.
Dit is die lekkerste as dit warm is met Ultra mel vla en kaneelsuiker.

Resep en foto: Cilicia Strydom

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page