Your Recipe Blog

CILICIA SE FLOPVRYE PANNEKOEK

Avatar photo
Recipe by
| Servings: Ongeveer 20 pannekoeke in elke beslag

CILICIA SE FLOPVRYE PANNEKOEK

Ek het altyd gesukkel om pannekoek te bak, want dit was altyd ‘n flop. Het hierdie resep by my ma gekry. En hy werk!! Elke keer. Ek moet hierdie resep x 3 aanmaak, want daar moet genoeg oorbly vir die volgende dag se kosblikke ook!! Ons is 4 in die huis. 2 volwassenes en 2 kinders onder 12

  • 2 koppies / 500 ml koekmeel
  • 2 teelepels / 10 ml bakpoeier
  • knippie / 2 ml sout
  • 2 eiers
  • 400 ml melk
  • 1 koppie / 250 ml water
  • 1 desertlepel /12,5 ml asyn
  • 2 desertlepels / 25 ml olie

Meng al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.  Meng die vloeistowwe saam in ‘n maatbeker.
Meng die bestanddele goed saam tot ‘n gladde beslag en bak in ‘n voorbereide warm pan.

Nota:
Ek voeg altyd meer melk by aangesien ek hou van dunner pannekoek. Ek voeg gewoonlik tussen 100 en 150 ml meer melk in as wat die resep sê.

Resep en foto: Cecilia Strydom

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page