CIABATTA
- 4 koppies koekmeel
- 1 pakkie kitsgis
- 1 eetlepel sout
- 1 eetlepel suiker
- 1 eetlepel olie
- 2 koppies louwarm water
Meng al die droë bestanddele saam.
Voeg die olie en water by. Dis ‘n taaierige mengsel.
Plaas die mengsel op ‘n gesmeerde bakplaat en vorm die mengsel in ‘n ovaal vorm.
Laat dit rys.
Sif bietjie droë koekmeel oor en plaas dit in die oond.
Bak teen 140 °C vir 30 minute, stel dan oond hoër na 180 °C vir die laaste 10 minute en bak tot goudbruin.
Foto en resep: Heleen Brümmer Nel