CHURROS MET BRUINSUIKER
- 1 koppie water
- ¼ koppie margarien
- 2 eetlepels Muscovado bruinsuiker
- 1 koppie koekmeel
- ½ teelepel vanilla geursel
- 3 eiers
- olie vir bak
Kook die water, margarien en bruinsuiker saam.
Voeg ‘n halwe teelepel vanilla geursel by.
Los die pot op die plaat terwyl jy die meel byvoeg en heeltyd meng. Meng deeglik.
Roer die eiers een vir een by. Hou aan roer tot die deeg ‘n bal vorm.
Haal van die plaat af.
In ‘n ander pot maak jy die olie warm.
Neem ‘n versierspuit/sak, skep die deeg binne-in.
Spuit stukkies die deeg in die warm olie, so lank soos verkies.
Bak tot goud bruin, skep uit net gaatjies lepel en pak op kombuispapier.
Nota:
Plaas op ‘n opdienbord en versier met kaneel suiker of karamel kondensmelk of gesmelte sjokolade.
Resep en foto: Annelizle Botha