CHRISTELLE SE MAALVLEIS EN KAPOKAARTAPPEL BURGERS
- 4 medium aartappels, gekook en fyngemaak
- klein bietjie fyn gesnyde pietersielie
- klein bietjie fyn gesnyde preie
- botter
- Aromat
- soet rissiesous
- 1 kg beesmaalvleis
- 1 pakkie bruinuie soppoeier
- 2 snye witbrood
- 1 groot ui, in dun ringe gesny
- handvol vars pietersielie en sprietuie
- ingelegde agurkies en peppadews, opgesny
Sny die geskilde aartappels in blokkies en kook tot sag. Maak fyn en sit ‘n klont botter, aromat, fyn gesnyde pietersielie en preie asook klein bietjie soet rissiesous by. Meng mooi deur. Terwyl die aartappels kook, berei die maalvleis en uie voor. Los die bruinuie soppoeier in ¼ koppie water op en druk dan die snye brood daarin en maak fyn. Meng alles saam, voeg sout en peper na smaak by en meng met die maalvleis.
Vorm koekies so groot soos jy verkies.
Bak in vlak olie tot bruin maar steeds sag binne. Sny ui in dun ringe en braai tot bruin in pan na vleiskoekies gaar is (bitter min olie in die pan).
Pak ‘n vleiskoekie op ‘n bord, skep fyn aartappels bo-op, dan gebraaide uie, vleiskoekie, weer lagie aartappels, uie en laastens gesnyde agurkies en pepperdews.
Nota:
Baie vullende ete.
Vir afwisseling: vervang die agurkies en pepperdews met bruinuie en bruinsous bo-oor die burger.
Resep en foto: Christelle van Rooyen