Your Recipe Blog

CHOUX FRITTERS

CHOUX FRITTERS

  • 250 ml water
  • knypie sout
  • knypie suiker
  • 100 g botter
  • 125 g koekmeel
  • 4 eiers
  • kookolie

Bring water, suiker, sout en botter tot kookpunt. Haal van hitte af.
Voeg meel by en meng goed deur met houtlepel.
Sit terug op ‘n baie lae hitte en roer totdat die mengsel van die kant van die pot af kom en ‘n bal vorm.
Haal van die hitte af en laat afkoel.
Voeg eier een op ‘n slag by. Maak seker dat mengsel goed deur gemeng is voor jy die volgende eier byvoeg.
Sit mengsel in ‘n spuitsak.
Verhit olie, nie te warm.
Spuit mengsel in warm olie en braai aan beide kante tot goudbruin.
Dreineer op kombuis papier.
Sit in opdienbord en sprinkel met versiersuiker.
Nota:
Vir verskeidenheid kan jy versiersuiker met kaneel meng en oorstrooi.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page