Your Recipe Blog

CHOP CHOP CHIPPOLATASOP

CHOP CHOP CHIPPOLATASOP

  • olie vir braai
  • 1 ui, gekap
  • 4 gerookte viennas of frankfurters in dun ringetjies gesny
  • ½ koppie witwyn, opsioneel
  • 1.5 liter water
  • 2 pakkies beesstert soppoeier
  • 1 teelepel aangemaakte mosterd, opsioneel

Braai die uie en worsies in ‘n pot op die stoof totdat die uie deurskynend is.
Voeg die wyn by die uie en worsies en reduseer tot helfte (indien gebruik).
Meng die soppoeier met die water en roer goed deur totdat die sop opgelos is.
Voeg die soppoeier- en watermengsel by die worsiemengsel in die pot en laat dit prut totdat die sop verdik.
Voeg die mosterd by die sop (indien gebruik) en roer goed deur.
Bedien die sop met varsgebakte brood en konfyt of warm knoffelbrood.
Njamm!

Resep en foto: Stef Conradie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page