Your Recipe Blog

CHIPOTLE BBQ SOUS VIR WILDSSTEAKS

CHIPOTLE BBQ SOUS VIR WILDSSTEAKS

  • 15 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, gepars
  • 5 ml gerookte paprika
  • 30 ml rissievlokkies, gemaal
  • 15 ml rooipeper
  • 5 ml uiepoeier
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 15 ml srirachasous
  • 120 ml heuning
  • 60 ml appelasyn
  • 240 ml tamatiesous
  • 30 ml tamatiepuree
  • 30 ml bruinsuiker
  • 5 ml Worcestersous
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 2 – 4 wildssteaks (ongeveer 250 g)

Verhit die olyfolie in ‘n kastrol. Roer die knoffel en gekapte rissie by en kook 1 – 2 minute tot die knoffel geurig is.
Roer die paprika, rissiepoeier, rooipeper, uiepoeier, droë mosterd, sriracha, heuning en appelasyn daarby. Kook vir 1 minuut. Voeg die tamatiesous, bruin suiker en Worcestersous by, roer om te meng.
Sit die hitte laag en laat die sous vir 15 minute prut en roer af en toe. Geur met sout en peper na smaak.
Verkoel die sous tot kamertemperatuur voordat dit na ‘n lugdigte houer oorgedra word.
Marineer die vleis snitte vir 48 uur in die chipotle sous.
Braai op warm kole 3 minute aan ‘n kant of pan braai in bietjie olyfolie vir dieselfde tyd vir medium rou.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page