CHINESE ROLLETJIES
- 330 ml louwarm melk
- 5 ml droë kitsgis
- 5 ml sout
- 400 g koekmeel
- 1 eier
- 10 ml melk
Meng al die bestanddele in ‘n staanmenger tot ‘n sagte deeg.
Maak die deeg toe en laat rus vir 1 uur.
Deel die deeg in 8 gelyke dele en vorm balle. Laat rus vir 15 minute.
Rol die balle een vir een plat en rol op om ‘n lang rolletjie te vorm. (sien foto’s)
Voorverhit die oond tot 170ºC.
Plaas die rolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat en laat rys vir ‘n verdere 30 minute.
Klits die eier en melk tot goed gemeng.
Smeer die eiermengsel bo-oor die rolletjies.
Besprinkel die rolletjies met sesame saad.
Bak die rolletjies vir 15 minute.
Resep en foto: Martie Labuschagne