Your Recipe Blog

CHINESE POST TOASTIE HOENDER POPS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 18 minute

CHINESE POST TOASTIE HOENDER POPS

Heerlik en baie maklik.

  • 4 hoenderborsies sonder vel, in klein blokkies gesny
  • ½ koppie koekmeel
  • 4 koppie fyngedrukte post-toasties
  • ½ teelepel elk van sout, pepper, knoffelsout en gerookte paprika
  • 2 eiers
  • ¼ koppie melk
  • ¾ koppie braaisous, enige van jou keuse
  • ¼ koppie heuning
  • ¼ koppie tamatiesous
  • 1 eetlepels Worcester sous
  • 1 teelepel sojasous
  • ½ greenpepper, in fyn repies gesny
  • ½ wortels, in repies gesny
  • ½ ui, in repies gesny

Stel oond op 200°C, voer oondpan uit met bakpapier.
Meng post-toasties, sout, pepper, paprika en knoffelsout saam.
Klits eier en melk goed.
Sprinkel die meel oor die hoender en meng goed.
Doop hoenderstukkies een vir een in eier mengsel en dan in post-toasties en pak op waspapier uit.
Bak vir 18 minute, draai na 9 minute om.
Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n pot en kook op laag met deksel op vir ten minste 10 min.
Wanneer die hoender uit die oond kom, pak in opdienbord en skep die sous oor.
Heerlik saam met basmati rys of groen slaai.

Resep: Clive-Linda Cawood-Wilson
Foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page