Your Recipe Blog

CHINESE KOOL FRIKKADEL ROLLETJIES

CHINESE KOOL FRIKKADEL ROLLETJIES

Vandag koolfrikkadelle of koolrolletjies gemaak met Chinese kool. Die kool se soet smaak is ‘n groot verskil van ons gewone kool.

  • Vir frikkadelle:
  • 1 kg maalvleis
  • 2 snye witbrood, geweek in water tot sag
  • 2 eetlepels asyn
  • 2 teelepels gebreekte koljander
  • 2 geklitste eiers
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel Bbq spice
  • ½ teelepel peper
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • Vir die kool:
  • 2 Russians, in blokkies gesny
  • 3 grofgekapte meduim groot uie
  • aartappels soos benodig
  • 2 teelepels Bisto

Die hoeveelheid maalvleis was te veel vir 1 Chinese kool, maak ander frikkadelle en vries vir later.
Meng alles saam.
Sny ‘n ¼ aan onderkant van kool af, die stronk gedeelte.
Maak die blare mooi versigtig los en oop en plaas in skottel en gooi kookwater oor, laat staan tot dit sag is.
Gebruik blare en volgens grote sit maalvleis op van stronk kant en rol op, vou kante oor en laat rus met opening onder.

Braai Russians in blokkies gesny saam met die uie, moenie bruin braai nie, net tot deurskynend.
Gebruik nou die stronk van die kool en sny dit fyn, voeg by uie en Russians en braai verder, so vir 10 min.
Pak die kool rolletjies mooi in die kastrol bo op die Russianmengsel.
Skil aartappels soos nodig en sny in wiggies, pak tussen jou rolletjies.
Geur met sout en swart peper na smaak en ook ‘n bietjie vars gerasperde neutmuskaat.
Voeg 1 koppie water oor rolletjies, kook stadig vir ½ uur of tot aartappels sag is.
Meng 2 teelepels Bisto met koue water vir dikkerige sous en kleur en gooi by mengsel.
Die smaak van die kool rolletjies smaak heel anders as gewone kool.

Resep en foto’s: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page