Your Recipe Blog

CHINESE HOENDER MET SELDERY RYS

CHINESE HOENDER MET SELDERY RYS

My man maak heerlike kos. Lief om te eksperimenteer. In ons huis het ek en hy ‘n Kook en Geniet verhouding. Hy kook en ek geniet dit (en die kos). Die resep het hy ‘n paar jaar gelede iewers ontdek (hy kan nie meer onthou waar nie) maar na al die jare as die kinders huistoe kom is dit een van die disse wat hy vir hulle moet maak.

  • 12 vlerkies en/of boudjies
  • Meng die volgende:
  • 10 ml fyn gemmer
  • 200 ml goeie dik sojasous
  • 1 eetlepel heuning of goue stroop

Marineer hoender daarin vir ongeveer 2 ure)
Verhit olie in pan.
Braai hoenderstukke vinnig (2 min) en plaas terug in marinade vir ± 5 minute.
Plaas terug in pan, gooi bietjie marinade in pan en stoom met deksel oor lae hitte tot gaar.
Hou res van marinade warm.

SELDERY-RYS
Braai uie en selderystukkies in olie en ± 2 eetlepels van die hoender marinade.
Wanneer gaar voeg by klaar gekookte rys.
Bedien hoender op rys.
Gooi bietjie van verhitte marinade oor hoender en rys.

Geniet dit!

Foto en resep:  Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page