CHILLI CON CARNE VAN BLOKKIESVLEIS
Dis die natuurlike “air con”. Hy laat jou sweet, dan sit jy in die windjie om af te koel.
- 1 kg stowebeesvleis (ek het brisket gebruik)
- 1 blokkie beesekstrak, opgelos in kookwater
- genoeg ekstra water om vleis te bedek
- 2 aartappels, geskil en in dobbelsteentjies gesny
- ½ suurlemoen se sap
- 1 ui, gekap
- 1 soetrissie, in blokkies
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 brandrissies, gekap (jy kan saadjies verwyder as jy nie van té sterk hou nie)
- 1 teelepel heel komyn en heel koljander elk
- 1 klein pakkie tamatiepasta
- 1 blikkie gekapte tamaties
- 1 blikkie swart of “red kidney beans”, water afgegooi
- 2 teelepels suiker
- sout en peper na smaak
- 4 “wraps”
- bietjie olie vir vlakbraai
- avokado in skywe
- halfgeklopte room
- 1 suurlemoen in wiggies
Kook vleis in ekstrak en water vir 90 – 120 minute tot sag en van die been af.
Voeg die aartappels in die laaste kwartier by en kook saam sonder deksel tot water reduseer en die vleis en aartappels ‘n bietjie in die vleis en vetjie kan braai.
Verwyder vleis en aartappels en hou eenkant.
Voeg suurlemoensap by en krap brandseltjies los.
Braai uie, soetrissies, knoffel, rissies en kruiesade in dieselfde pot.
Voeg tamaties, tamatiepasta, suiker en geurmiddels en bone by en prut tot verdik.
Sny “wraps” in wiggies en diepbraai in vlakolie ‘n paar sekondes tot bros.
Bedien met wiggies, avo, room en suurlemoenskyfies.
Njamm in ‘n potjie op die vuur ook!
Resep en foto: Stef Conradie