“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES
- Benda Mathey:
- Deel asb julle chicken mayo resepte. Hoe maak mens ‘n “amazing” vulsel asb.
- Boetie Nel:
- Ek maak altyd my chicken mayo met lekker fyn hoender borsies wat net so 25 minute gekook het, dan is dit net gaar en sappig. Meng die stukkies hoender met mayo en so 2 eetlepels Mrs Balls blatjang
- Anne Mortleman Chambers:
- Gaar hoender (fyngekap of gemaal), mayo, Mrs Balls blatjang, fyngekapte ui, sout en peper. Botter die brood net aan eenkant en gebruik die gebotterde kant buite.
- Nicolene Nikki Van Niekerk:
- Lekker volgraan brood of rolletjie met botter gesmeer, slaaiblaar of twee, tamatie met sout en pepper, skyfies pynappel as jy wil, komkomer en dan fyn hoender en mayo by, dis baie gesond en lekker. Vir ekstra smaak kan jy klein blokkies groen soetrissie insny.
- Sonja Young:
- Die lekkerste idee met chicken mayo is om die brood eers te rooster en dan al die bestanddele op te plaas. Dis nogal iets wat ek nie baie maak nie, maar het dit al baie so by koffie winkels gehad en dit smaak lekker, want dis nie so plat gedruk nie.
- Nicolene Nikki Van Niekerk:
- Gebruik gaar hoender wat oorbly en maak fyn, meng met mayo, rooster die brood of hou dit net so, smeer botter op, sny skyfies gebakte aartappels op en plaas die hoender en mayo op met bietjie sout en pepper, dis ongelooflik lekker.
- Ann Fischadler:
Moenie paprika vergeet nie, dit gee ‘n mooi kleur en ‘n unieke smaak. - Werner en Tania Barnard:
Ek meng hoender en mayo, voeg bietjie blatjang by met aromat, swart peper, oregano en ‘n rou ui. - Elma Grace:
My geheim (nie nou meer nie), volg almal se resep, maar ek voeg gekookte eier, gekapte dill komkommer en fyn gerasperde kaas by, lekker. - Franco Dippenaar:
- Almal fokus op die goed wat by die hoender mayo kom en niemand fokus op wat dit eintlik lekker maak nie. Ja, uie, knoffel, aromat, swart peper, gekapte tamatie, ens is alles lekker daarby.
Die belangrikste is die mayo, gebruik die beste wat jy kan kry soos Wonder Whirl, Miracle Whip, Heinz se gourmet mayo. Dit kan hitte hanteer en raak nie loperig soos sommige mayonnaise nie.
Of maak jou eie mayo. Jy kan dit opkikker met so baie byvoegings. - Esther Hattingh:
Ek meng my mayo en hoender met sandwich spread, dis heerlik. - Dorathea Campher Beets:
Ek het onlangs hoender, mayo, feta en gesnipperde peppadews op volgraanbrood geëet, heerlik. - Tanya Jordaan:
Ek meng ‘n knippie kerrie poeier (mild, die geel boksie) en ‘n bietjie kondensmelk by die mayonaise. - Ems Mostert Mostert:
Voeg bietjie soetrissie sous ook by. - Vanessa Vd Merwe:
Spek, krakerig gebraai en fyn gemaak, meng saam hoender en mayo. - Colleen Barnard:
Ek meng ‘n bietjie kerriepoeier en gerasperde kaas in, dis regtig baie lekker. Ek het geleenthede vir die skool gedoen en dit so gemaak. - Lizette Erasmus:
Meng blikkie fyn pynappel in vir ‘n tropiese hoender mayo, heerlik. - Phoebè Botha:
Ek voeg fyn gekapte uie en gherkins in met ‘n lekker mayonnaise en miracle whip salad cream gemeng, bietjie paprika, sout, peper en so knippie hoenderspeserye. - Ronelle Jacobs:
Fyn pynappel of bosbessie (Cranberry). - Erika Van Aarde-Badenhorst:
Ek het altyd in my koffie winkel Ina Paarmans se perske blatjang gemeng met mayonnaise en ‘n knippie rooipeper, heerlik. - Hildegard Fourie:
- Meng eers ‘n bietjie mayonnaise apart met ‘n bietjie mosterdpoeier en fyn mosterd, ek voeg ook ‘n bietjie kondensmelk by.
Pluis die hoender lekker fyn, voordat jy dit meng. Voeg ‘n bietjie droë pietersielie ook by vir kleur. - Corrie Welthagen Bezuidenhout:
Mosterd ingemeng by mayo, net so ‘n titseltjie, heerlik. - Lida Pieterse:
Ek voeg mango atchar saam met mayo. - Tanya De Kock:
Add perinaise. - Martie Josling:
Mayo, hoender, fyngekapte Russian met mosterd. - Petro Oosthuizen:
Small pieces of canned peaches also is an amazing surprise together with peach chutney, like Erika Van Aarde-Badenhorst says. Mmmm, it’s to die for, yummy. - Leone Barnard du Toit:
- Ons “Vetkoek Den” het jare terug, ‘n chicken mayo, spek en kaas vetkoek gemaak. 2 Weke gelede toe maak ek vir aandete chicken mayo, spek en gerasperde kaasmengsel in jaffles en dit was ‘n wenner, warm of koud.
- Javon-Jody Kim Kleinsmidt:
Hoender, mayo, ui, groen soetrissie, paprika, cayenne pepper, bietjie aromat, blatjang en fyn gekapte dhania. - Amanda Diamond:
Ek voeg bietjie honey mustard by, die boeppens potjie met swart dekseltjie. - Ric FourieRic:
Bits of peppadew or go Spur style, chick mayo made with Spur sauce, easy and fast. - Alida Cavalieratos:
Voeg griekse kaas, tiemie, sout en peper by. - Marlien Jonker:
Kook hoenderfillete en rasper dit wanneer dit koud is, rasper fyn ui in, bietjie suurlemoensap, sout en peper en meng mayo met bietjie kondensmelk, meng deur, dis heerlik. - Abigail Smith:
Chives and cream’o’naise. - Inge Bekker:
Voeg vars opgekapte basilliekruie by. - Irene Gilliland:
Ek’t gisteraand gemaak met kerrie in die mayo, blikkie gedreineerde fyn pynappel en fyn gekapte peppadews. - Rosetta Mattheze:
Mix equal parts sweet chilli and mayo and add dhanya or I chop cucumber or lettuce finely and add to chicken mayo. - Heidi Rushmer Fouche:
Gekapte gherkin en ‘n groot lepel sandwich spread in die chicken mayo is heerlik. - Kimberley Leetion:
Try adding finely chopped spring onion and a little garlic. - Amanda Viljoen:
Snipper die volgende fyn, gerkins, spriet ui en tamatie (sonder pitte), meng met fyn hoender en mayo en voeg by, mosterd, blatjang, Italiaanse speserye, sout en pepper. - Dionné Page Olivier:
- ‘n Goeie mayonnaise is baie belangrik, ek verkies Nola se ultra romerige mayo.
Stoom die hoenderborsies tot net net gaar, anders is dit droog. Roer basil pesto by, soveel as wat jy wil, dit is heerlik, sout, peper en aromat na smaak. - SupportiveCrocodile5153:
I love adding finely chopped gherkin and spring onion to my chicken mayo, with a dash of Sriracha sauce for some kick. - Cornette Jooste:
Ek meng ‘n bietjie braaisous saam met die mayo in. - Tanya Mundell:
Rooster die hoender en uie, ipv kook. - Aletta Tessa Odendaal Veldtsman:
- Gebruik dik en romerige mayonnaise, meng met bietjie spek gegeurde roomkaas en fyngesnyde uie, saam met een van fyngekapte groen-, geel- of rooi-soetrissies, jou keuse, sout en peper.
Sny die gaar hoenderborsies in stukkies en meng met alles wat ek genoem het. Baie lekker, sal jou vingers aflek, geniet. - Jenel Ralph van Wyk:
Ek voeg gekookte eier en ongegeurde jogurt by die uie en mayo. - Jana Taljaard:
Gaar hoender, dubbelroom mayonnaise, bietjie tjou tjou en ‘n stukkie gaar russiese wors. Beste ooit op ‘n vetkoek. - Sean Koekemoer:
Any of the above recipes, but add finely chopped gherkins and finely chopped pieces of apples for texture and the magic taste will explode. - Sus Gerber:
Tamaties, fyn gesny by, maak ‘n groot verskil. - Lorett Brittnell:
Bietjie vars ryp pynappel, gesnipper, verander enige hoenderslaai of vulsel in iets besonders. - Foto – Martin van Vuuren:
Chicken mayo, with egg, sweet peppers and lettuce on ciabatta bread, roasted in olive oil and smeared with garlic butter while hot.
Category:

