Your Recipe Blog

“CHICKEN A LA KING” PASTEIE

Recipe by
Cook: 10 minute | Servings: 6 pasteie

“CHICKEN A LA KING” PASTEIE

Resep en foto: Juanri Van Der Walt
Ek het gister iets anders vir die eerste keer probeer en dit het eerlikwaar uitstekend en baie lekker uitgekom. Die hoeveelheid hoender, speserye en groente is volgens jou eie keuse.

  • Pizza deeg:
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 ¼ koppie louwarm water
  • 3 ¼ koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels olie
  • Meng die gis, suiker en die louwarm water en laat dit vir ‘n paar minute staan tot dit begin skuim.
  • Meng die meel en sout in ‘n groot mengbak en voeg die gismengsel en olie by die meelmengsel.
  • Knie die deeg met die hand of ‘n menger tot dit glad en elasties is.
  • Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak, bedek die bak en laat dit op ‘n warm plek rys tot die deeg dubbel die volume is.
  • Nota:
  • Ek het die resep dubbeld aangemaak. Maak seker jy gebruik ¼ koppies volgens die deegresep, nie ½ koppies nie.
  • Hoendervulsel:
  • 1 ui, gekap
  • 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 pakkie “chicken a la king” poeier
  • uiepoeier
  • hoenderspeserye
  • swart peper
  • ertjies
  • roerbraai groente
  • sout na smaak
  • ekstra gerasperde kaas indien verkies
  • Kaassous:
  • 1 pakkie 3-kaas sousmengsel
  • 200 ml melk
  • Braai die ui in ‘n bietjie olie in ‘n pan op die stoof tot sag en deurskynend.
  • Voeg die hoenderblokkies by en braai tot dit goudbruin en amper gaar is.
  • Strooi die “chicken a la king” poeier, uiepoeier, hoenderspeserye en swart peper oor die hoendermengsel en roer deur.
  • Maak intussen die kaassous deur die pakkie kaassouspoeier met die melk te meng.
  • Verhit die mengsel in die mikrogolfoond en roer tot dit dik is.
  • Voeg die ertjies en roerbraai groente by die hoendermengsel en braai tot gaar.
  • Voeg kaassous laastens by die hoendermengsel in die pan en roer deur.
  • Laat die mengsel deurkook tot alles warm en heeltemal gaar is.
  • Die mengsel moet lekker dik wees, sodat dit nie uit die pasteie loop nie, indien dit te dik is, voeg net ‘n klein bietjie ekstra melk by.
  • Proe die vulsel en voeg sout by indien nodig.
  • Verwyder die pan met die vulsel van die stoof en laat die mengsel effens afkoel.
  • Voorverhit die oond tot 230°C.
  • Rol die uitgerysde pizza-deeg uit op ‘n liggies meelbestrooide oppervlak en sny dit in vierkante of blokke volgens die grootte pastei wat jy verkies, ek het 6 vierkante uitgesny.
  • Plaas die vierkante op ‘n voorbereide bakplaat voor jy die vulsel op die deeg skep.
  • Skep ‘n goeie porsie hoendervulsel op die een helfte van die deegblokkie en sprinkel gerasperde kaas bo-op die vulsel, indien verkies.
  • Vou die een helfde deeg wat nie vulsel op het oor die vulsel en druk die kante stewig vas met ‘n vurk sodat die vulsel nie uitbak nie.
  • Bak die pasteie in die voorverhitte oond vir 10 minute of tot die deeg goudbruin en deurgebak is.
  • Bedien die pasteie saam met ‘n slaai.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page