CHELSEA SE “LOCKDOWN” BROOD
Ek het hierdie resep op ‘n NZ kos skrywer, Chelsea Winter se website gesien, en dit het so maklik en lekker gelyk (veral vir iemand wat nie regtig bak nie – soos ek!) dat ek dit gemaak het saam met met sop vir ete. Dit was regtig heerlik… en die roosterbrood wat jy daarmee maak die volgende dag is amper nog lekkerder. So as jy ‘n biertjie in die tyd kan afstaan, maak dit. Jy sal nie spyt wees nie.
- 3 koppies koekmeel
- 3 teelepels bruismeel
- 2 teelepels suiker
- 1 teelepel sout
- 375 ml bier
- Opsioneel:
- 150 ml gerasperde kaas
- sonneblomsaad en pampoenpitte om bo-oor te gooi
Meng droë bestanddele en kaas (indien gebruik) saam.
Roer bier deur.
Skep in ‘n gesmeerde pan, uitgevoer met bakpapier vir ekstra veiligheid, strooi sade en pitte oor en bak 1 uur by 180ºC, of tot deurgaar.
Laat afkoel, sny en geniet.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs