“CHEESE GRILLERS” IN PANNEKOEK EN KAASSOUS
- pannekoeke soveel as wat jy porsies wil bedien
- “Cheese Grillers” een vir elke pannekoek
- Kaassous:
- 2 koppies melk
- 2 eetlepels botter
- 1 eetlepel koekmeel
- sout en swart peper na smaak
- 3 koppies gerasperde kaas om bo-oor te strooi
Meng die meel met bietjie melk tot ‘n gladde “paste”, meng dan die res van die sous bestanddele (melk en botter) saam en kook tot ‘n lekker dik kaassous.
Rol elke “cheese grillers” in ‘n pannekoek toe.
Pak in ‘n oondskottel en bedek met kaassous.
Strooi gerasperde kaas oor.
Bak vir 20 min teen 150 ºC.
Resep en foto: Cecil Dunhin