CHEDDERMELT WORSIE PASTA
Opsioneel
* Jy kan uie, knoffel en sampioene ook braai en bysit indien verkies.
- 2 koppies rou pasta, gekook, ek spoel nie af nie, roer net bietjie botter deur
- 4 cheddarmelt worsies, Eskort
- 2 koppies tuisgemaakte witsous
- gerasperde Cheddar kaas, Gouda kaas, Mozzarella kaas, na smaak
- Garlic en herbs droë kruie, sout en peper na smaak
Braai worsies heel in bietjie olie en sny in ringetjies.
Voeg dit by gaar pasta en voeg kruie, sout en peper en witsous by.
* Sit gebraaide uie mengsel by indien jy dit gebruik.
Meng liggies.
Strooi gerasperde kase oor.
Bak in oond by 200°C tot lekker bruin.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff












