Your Recipe Blog

CHARMAINE SE BRAAI PIE

Cook: 20 minute

CHARMAINE SE BRAAI PIE

Nou ja toe is die gevreesde braai pie met Sukses gemaak!
  • 2 pakke skilferkorsdeeg (puff pastry)
  • 500 g maalvleis
  • gebraaide uie
  • speserye
  • Boerie relish (½ blikkie)
  • 1 eetlepel blatjang
  • knoffel na smaak
  • 1 koppie kaas, gerasper, om bo-oor te strooi

Braai alles gaar, behalwe kaas, laat goed dreineer en koud word.
Plaas 1 laag deeg uitgerol  op ‘n goed gespuite toeknyp rooster.
Pak die die res van die gaar bestanddele en souse op en strooi die kaas bo-oor.
Sit die tweede laag uitgerolde deeg bo-oor en druk die kante goed toe.
Spruit BAIE “spray and cook” op die rooster!!!!
Braai oor matige kole, draai gereeld om, tot gaar.

Nota:
Dit het so 20 min gevat toe is die pastei gaar en baie lekker!!

Volgende is spinasie, spek, uie en feta.

Resep en foto’s: Charmaine Bouwer Bronkhorst

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page