Your Recipe Blog

CHARLEEN SE “HOLY BASIL” PESTO

CHARLEEN SE “HOLY BASIL” PESTO

Baie trots op myself. Holy Basil uit my kruie tuin, en toe basiliekruidpesto gemaak. Dis my eerste probeerslag en ek moet sê, dit smaak baie lekker.

  • 200 g gesout en geroosterde kasjoeneute (cashew)
  • knypie Himalayan sout
  • 6 koppies “holy” basiliekruid blare
  • 3 knoffelhuisies
  • 300 ml Canola olie
  • 2 koppies Pecorino kaas
  • ekstra Canola olie
  • 4 x 250 ml glas flessies

Blits neute en sout saam tot dit ietwat growwer as broodkrummels lyk.
Voeg basiliekruidblare by en pols dit so 8 keer.
Voeg olie en knoffel by en pols weer vir so ongeveer 10 keer.
Voeg kaas by en pols totdat alles mooi gemeng is.
Dit moet nie te fyn wees nie.
Skep in flesse, en maak die bottels vol met nog ‘n bietjie olie.
Seël en bere in yskas.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page