Your Recipe Blog

CHARLEEN SE BEESSTERT SOP

CHARLEEN SE BEESSTERT SOP

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

  • 1,2 kg beesstert
  • 2 Knorr “beef stock pots”
  • 4 liter water
  • ½ koppie rooiwyn
  • 2 lourierblare
  • ½ teelepel tiemie
  • 4 wortels, gerasper
  • 4 aartappels, gerasper
  • 2 groot preie (leeks), opgekerf
  • 2 seldery stingels, opgekerf
  • seldery blare, opgekerf (Ek gebruik baie, want ek hou van die geur en smaak)
  • ½ koppie rooi lensies
  • ½ koppie sopmengsel (soup mix)
  • 2 pakkies Knorr “oxtail and vegetables” soppoeier
  • 2 pakkies Knorr “thick vegetables” soppoeier
  • Week rooi lensies en sopmengsel in water vir so uur.
  • Braai beesstert tot bruin.
  • Voeg “stock pots”, wyn, 2 liter water en bay loerierblare by. Stoom vir ten minste 40 minute.
  • Sit die vleis met vloeistof waarin dit gekook het oor in ‘n groot sop pot.
  • Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die soppoeier.
  • Laat die sop prut op medium hitte vir ongeveer ‘n uur.
  • Meng die soppoeiers met water en voeg by sop mengsel.
  • Laat prut vir verdere half uur. Geur met sout en peper na smaak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page