CHANTELLE SE GROENTEPIEKEL
- Kook die volgende saam tot die suiker opgelos is:
- 1 koppie witasyn
- 1 koppie water
- 1 koppie witsuiker
- ½ teelepel sout
- Sny die volgende groente na voorkeur:
- 2 komkommers
- 4 medium wortels
- helfte van 3 soorte soetrissies (groen/rooi/geel)
- 1 medium pers ui
Kook die wortels, soetrissies en ui vir 5 min.
Voeg die komkommer skywe by en kook tot hul verkleur. Dis gewoonlik so 2 min.
Skep mengsel in ‘n bak om af te koel en bottel.
Nota:
Die lekkerte van die resep is dat jy rissies en peperkorrels kan ingooi.
Die wit uie sny ek gewoonlik in kwarte en sit by.
Die piekels het daai soet suur smaak.
Heerlik met vleis of as jy ‘n slaai maak.
Ek gaan van dit fyn sny en meng met mayonnaise om toebroodjiesmeer te maak.
Foto en resep: Chantelle Roets