Your Recipe Blog

CHANTE SE PIESANGBROOD

CHANTE SE PIESANGBROOD

  • 125 gram botter of margarien
  • 1 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 2 koppies koekmeel
  • 1/2 koppie kookwater
  • 4 piesangs
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • knippie sout

Meng botter en suiker tot room.
Klits eiers by en voeg fyn-gemaakte piesangs bly.
Voeg koekmeel by en meng goed.
Meng koeksoda in kookwater en roer by.
Voeg laaste bakpoeier en vanieljegeursel by.
Meng goed.
Skep in gesmeerde broodpan en bak in warm oond by 180°C vir 45 minute.
Nota:
Groot brood bak 45 min. Ek het my klein brood pannetjies gebruik. 14 broodtjies uit gekry en gebak op 170ºC vir 15 min.  (foto 2)

Resep en foto: Meisie van der Colff
Gebak deur Chante van der Colff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page