Your Recipe Blog

CHANTE SE GEWILDE KARAMEL KAASKOEK

CHANTE SE GEWILDE KARAMEL KAASKOEK

  • Kors:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies
  • ½ koppie gesmelte botter of margarien
  • Vulsel:
  • 900 g roomkaas
  • 1 ¾ koppies strooisuiker
  • 4 eiers
  • knippie sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 x ¾ koppie vars room (360 ml)
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 1 blik karamel treat, vir versiering

Voorverhit die oond na 160°C en voer ‘n (groot) spring vorm pan uit met bak papier en spuit dan met cook n spray.
Druk al die beskuitjies fyn en meng met botter. Druk mooi vas in die pan met die agterkant van ‘n maat koppie.
Meng die roomkaas tot sag en voeg dan suiker by. Meng vir nog ‘n paar minute. Voeg een eier op ‘n slag by en meng goed voor jy die volgende een byvoeg.
Gooi nou die res van die bestanddele by en meng alles goed. Gooi die vulsel oor in die kors.

(Hierdie deel is belangrik, dit help sodat die kaaskoek nie plat val of kraak nie)
Draai foelie om jou spring vorm pan om dit water dig te maak. Maak seker dat jy dit baie mooi langs die kante toedraai, sodat geen water aan jou kors kan raak nie.
Plaas die pan in ‘n groter oond pan en gooi warm water in die groot pan, tot ongeveer halfpad in die middel van die spring vorm pan.
Bak die kaaskoek vir 1 uur en 30 minute en skakel dan die oond af en maak die deur van die oond oop.
LOS DIE KAASKOEK NOG 2 URE IN DIE OOND!
Sit nou die kaaskoek oornag in die yskas. Wanneer dit heeltemal afgekoel en gestol is, kan jy dit versier met 1 blikkie karamel treat en kersies.
Heerlik verby!

Foto en resep: Chante Putter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page