Your Recipe Blog

CHALLAH-JOODSE BROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

CHALLAH-JOODSE BROODJIE

Hierdie brood is ‘n Joodse brood en is absoluut heerlik en maklik om te maak, nou net klaar gebak en wag dat dit bietjie moet afkoel.

  • 500 g broodmeel (ek gebruik partykeer koekmeel as ek nie broodmeel het nie)
  • 10 ml sout
  • 20 g (2 pakkies) kits gis of vars gis
  • 200 ml louwarm water
  • 30 ml strooisuiker
  • 2 eiers
  • 75 g gesmelte botter

Meng die droë bestanddele.  Meng die botter by die water en die eiers, voeg by die meelmengsel en knie baie goed vir nie korter as 10 min nie.
Laat rys op warm plek tot dubbel gerys en knie af.
Laat weer rys tot dubbel. Verdeel die deeg in 3 ewe groot stukke en rol ‘n lang “slang” van elke stuk.
Vleg die drie stroke en plaas in broodpan of op ‘n bakplaat.
Laat rys tot dubbel en bak 20 min teen 200°C.
Smeer dan bietjie botter bo-oor of wat ek hier gedoen het is ewe hoeveelhede suiker en water gekook en dit bo-oor geverf sodra dit uit die oond kom.

Foto: Ilona Turner

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page