CHALLAH BROOD
- 5 koppies warm water
- 1 eetlepel kitsgis (groen pakkie)
- ½ koppie heuning
- 4 eetlepels olyf olie
- 2 eiers
- 1 eetlepel sout
- 8 – 9 koppies bruismeel
- 1 eier, gemeng met 1 eetlepel water
- opsioneel: sade vir oor sprinkel
Verhit die oond tot 180ºC. Neem ‘n klein bakkie en meng die warm water met die gis en laat staan vir 10 min. Spuit ‘n koppie met cook and spray, maak die koppie half vol heuning.
Meng die gis, heuning, olyf olie, eiers en sout saam. Voeg 4 koppies meel by en roer dit deur met ‘n houtlepel, voeg dan die res van die meel by en roer stadig.
Die deeg moet nie te taai wees nie, neem ‘n bak wat met olie gesmeer is en plaas die deeg daarin. Bedek die deeg met ‘n vadoek en laat staan in ‘n warm plekkie vir 1 ½ uur.
Strooi op ‘n oppervlak meel en verplaas die deeg van die bak tot op jou oppervlak.
Verdeel jou deeg in twee stukke, verdeel dan verder elke stuk in 3.
Rol elke stuk tot so 16 cm met jou palms.
Kan twee brode maak of vleg al 6 rolle saam vir ‘n groter brood.
Begin vleg jou 3 rolle, onthou om dit op beide kante te heg.
Plaas die twee gevlegte borde op ‘n gespuite bakplaat.
Bedek en sit die deeg weer in ‘n warm plek vir 30 minute dat dit weer kan rys.
Smeer die vlegsels met die eier en water mengsel (opsioneel sprinkel sade bo-oor).
Bak die brode in die oond vir 20 – 25 minute tot goudbruin.
Resep en foto: Lencia van Dyk