CHAKALAKA MUFFINBROODJIES
Ietsie lekker, maklik en eenvoudig, ideaal vir ‘n braai!
- 1 kg gekoopte brooddeeg
- 1 blikkie Chakalaka (jy kan besluit hoeveel byt jy wil hê)
Knie die chakalaka in die brooddeeg tot goed gemeng. Bedek en laat rys op ‘n warm plek vir 45 minute.
Spuit muffinpannetjie met kleefwerende kossproei.
Knyp balletjies deeg af, genoeg om muffinpannetjies driekwart vol te maak. Plaas deegballetjies in pannetjie. Laat rys weer ‘n ½ uur op warm plek.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.
Bedien warm met botter.
Resep en foto: Johann Becker